Michelle Minnaar (Kellermann)
Dag Mariaan
Ek sal soos Sanet, volgens haar mail moet sê, dat ek maar aan die stillerige kant was en glo nie dat veel van die kinders my sal onthou nie -
Ek is Michelle Kellermann voorheen Minnaar (was nog nooit Strydom soos berig op die "reunie nuusbrief" nie).
Dankie vir die website, baie oulike idee van julle.
Na skool is ek Johannesburg toe waar ek by Volkskas Makelaars gewerk het (10 jaar), ons kantore het verskuif Pretoria toe en daar het ek my man
Ernst Kellermann ontmoet (dit was 'n "blind date") 6 maande later is ons getroud en vandag 18 jaar later - nog baie gelukkig. My man is 'n "Quantity Surveyor" en
het sy eie besigheid. Ons het 'n jaar of wat in Pretoria gebly, daarna is ons Groblersdal toe (1994) en in 2000 het ons Witbank toe getrek waar ons
nog steeds bly. Ek werk van 1994 by A. Nell Makelaars - dis amper 15 jaar en geniet dit nog elke dag. Veral noudat ek van my huis af werk.
Ek en Ernst het twee seuns - Louis (16) en Gerhard (14). Beide my seuns is kranige swemmers en Louis het Mpumalanga klere vir swem.
En hierdie is my storie in 'n neutedop saamgevat.
Ek heg 'n paar foto's van my en my gesin aan:
1. Ek en Ernst op 'n boot 30/12/2008 Swakopmund Namibië
2. Soos gelyk op skool
3. Ek en Ernst in Dubai (Ek kan nogal deurgaan as 'n Arabiesevrou)
4. My twee seuns Louis, Gerhard en hul niggie (geneem oujaarsdag 2008 in Namibië)
Hou my asseblief of hoogte van die reunie.
Groete
Michelle