Sandra Piercey - Van Vollenhoven
GERT VAN VOLLENHOVEN EN FAMILIE
Hi daar,
Sjoe, dit voel soos ‘n leeftyd. Ek het na skool haarkappery gaan studeer en my vakleerlingskap geloop. Dit was toe nie broep wat ek uiteindelik gevolg het nie.
Ek het in 1988 in JHB by Trust Bank gaan werk.
Ek is in 1986 getroud maar na ‘n 1 en ‘n half jaar is ons geskei. ‘n Klein bondeltjie vreugde is uit die huwelik gebore, haar naam is Lousia. In 1991 is ek weer getroud met ‘n wonderlike man, Gert en ons is nog steeds gelukkig na 18 jaar. Ons is geseen met 3 pragtige kinders, Nakita, Johan en Herman. Nee, ek is eintlik verkeerd, ons is geseen met 7, wonderlike pragtige kinders. Gert het 3 kinders ut sy vorige huwelik, Sarie is 39, Charlotte is 35 en Nadia is 29.
Louisa is in hierdie jaar al 22, Nakita 17 en die twee bulle, John is 16 en Herman het nou onlangs 11 geword. Ons het ook 11 kleinkinders waarvan 1 my eie kleindogter is. Sy is nou 10 maande en” ouma se liefie”. Maar ek is ouma vir almal. Hier by ons is daar nie ‘n word soos “stief” nie, dis ons kinders en ons kleinkinders.
Ons het 4 goeie skoonseuns, al moes ons 1 aan die dood afstaan in Januarie 2009. Dit is ‘n hartseer wat gee ouer kan beskryf nie.
Ek is nou so 17 jaar huisvrou en hou my besig met die daaglikse takies, ‘n bietjie hekelwerk of maak ietsie met krale.
Ag dit is my lewensverhaal.
Groete aan almal
Sandra (Piercey) Van Vollenhoven