Antoinette Barnard - Cooper
Mariaan
Ja, ek is toe met my skoolliefde, Paul Cooper, getroud. Na 24 jaar word dit nog steeds net al hoe beter! Ons is in Paul se tweede jaar op Varsity getroud, hy het B.Iuris, LLB geswot, maar is nie meer betrokke in die regte nie. Ons het 12 jaar gelede ons eie besigheid begin en werk vandag nog saam daaraan.
Elf jaar nadat ons getroud is, is ons seun Avan,gebore. Hy is nou 13 en in hoërskool Bekker.
Dankie vir die emails wat jy aangestuur het, dit was vreeslik lekker om almal weer te sien en te hoor hoe dit nou met hulle gaan. Ek stem saam met jou, 'n GROOT reunie is nou 'n MOET. Laat weet maar as ek kan help met die reëlings.
Ek sien ook uit daarna om almal weer te sien Vrydagaand. As ek nie na die fotos gekyk het nie, sou daar 'n paar gesigte gewees het wat ek nie sou erken het nie. Die "veertigs" is vir my 'n great tyd van my lewe. Vet rolletjies, grys hare en plooie is nie meer so belangrik nie en 'n mens stres ook nie meer so maklik oor "onbenullighede" nie.
Jy is reg, die dam is baie vuil op die oomblik. Ons was self seker omtrent 'n jaar gelede laas met die boot op die dam gewees. Ons bly egter vreeslik lekker hier en geniet die "plattelandse" atmosfeer baie. As julle weer hierdie kant toe kom moet ons 'n plan maak om 'n bietjie te kuier.
Ek sien julle Vrydagaand! Nog net 4 slapies! Die familiefoto wat hierby aangeheg is, is verlede jaar geneem.
Groete
Antoinette