Elsabe Brill - Holtzhausen
Dagse Mariaan,
Marinda het my vanoggend van die e-pos adres verwittig en sjoe wat n "trip down memory lane" was dit nie gewees nie, en sommer net hier op kantoor het ek dit oopgemaak want ek was net te nuuskierig om almal te sien!
Amal lyk pragtig! Mooi "verouderd" soos goeie wyn, en dit was gerustellend om te lees dat dit met almal goed gaan, en almal het dié pragtigste kinders en veral kinders wat besonder presteer! Mooi so, dit wys my julle is almal puik ouers.
n Bietjie oor myself - ek en Deon is nou 17 jaar getroud en geen kinders ... (so ek kan nou nie my "bragg" boek uithaal nie) ons woon in Roodepoort en is groot natuurliefhebbers (greenies)- Deon n ywerige (Argus en 94.7) fietsryer - soos wat n ou kan wees op amper 44 so moet hom asseblief nie raak ry wanneer hy oefen nie ........! en ek n kranige ondersteuner (sien nie kans om op daai martelpyp te klim nie).
Ons is altwee werksaam, Deon in die lugvaart bedryf – Aerosud (Boeing en Airbus), en ek werk by WesBank (ek en Marinda sien mekaar so in die verbygaan van tyd tot tyd)
Ja ewe skielik het die veertigs kom rus maak op ons voorstoep en weliswaar is dit toe nie so “bad” nie.
Sjoe ek moet seker terugkeer uit die verlede en aangaan met my werk.
Hier is n paar foto’s wat ek vinig kon kry wat op die oomblik op my rekenaar is.
Foto’s
1.) Deon en myself (op n vriend se veertigste verjaardagpartytjie die jaar).
2.) Deon - (die een met gevoude arms) diep in gesprek oor “werksake”
Groete en Mooi bly.
Elsabé Brill Holtzhausen