Paul alias Koos Smit
Jong, ek is geseen met die voorname: Paul Phillippus Jacobus - dus het ek op skool ge-reageer op enige van die, en variasies daarvan.
Ek skat die mees algemeenste was egter of Paul of Koos!
Ek kan hulle ongelukkig nie onthou nie, dit was duidelik die A-klas. Ek skat ek moes in C gewees het!!! My Ma is die een in die familie wat alles opgaar, so ek sal 'n bietjie by haar gaan krap vir ons klas-foto.
Aangeheg is 'n foto van die Smitte. Soos jy kan sien, het ek 'n lang bachelor periode gehad, en ek en Elsabe is eers in 1999 getroud. Maar daar het vrugbare jare gevolg en Divan (9), Morne (7) & Marissa (5) hou ons nou nog jonk (& uitgeput).
Ek het nog nie na die web gekyk nie, maar sal 'n meer volledige geskiedenis daar sit.
Ek moet sĂȘ, dit is lekker om weer die gesigte aan die name te koppel - en dit lyk of 1983 'n goeie jaar was, en baie mooi verouder het!!
Groete
Kobus Smit