Antionette Santana - Niemand
Ag, dit was so lekker om die foto's te sien. Maar julle almal lyk fantasties. Voel eintlik of ek julle net gister gesien het, lyk almal nog dieselfde. As ek na myself kyk in vergelyking met julle almal lyk ek maar "oes". Uitgesit alle kante toe en plooie en gryshare!!! Ouderdom is maar 'n @##$$$**&*.
Nou ja, hier is gou 'n paar foto's van my en my gesin.
No. 1 - Dit is Kelvin, my jongste enetjie - hy is nou 17 (Kelvin is in die Gateway Skool vir Gestremdes - hy is verstandelik gestrem maar sy ma se "groot, reus - engeltjie".
No. 2 - Dit is Blayne, my oudste (toe hy oppad New York toe was verlede jaar, hy het op ski-oord daar gaan werk vir sy praktiese deel van sy diploma) - hy is nou amper 23 - het bemarkingsdiploma gedoen en hierdie jaar sy Travel en Tourism diploma voltooi. Nog heel onseker oor volgende jaar, maar ..... dis volgende jaar se worries, hierdie jaar was te lank!!
No. 3 - Dit is my "gummy bear". My man, Frikkie - ons 20 jaar saam.
Jy moet regtig dat die ander ook vir ons foto's stuur, ek sal so graag wil sien.
Baie groete, en beste wense vir die feesseisoen. As julle weggaan, ry versigtig en geniet!!
Groete
Antoinette