Sonja Perie - Deetlefs
Hello Mariaan,
Ek glo almal sal weet waarvan ek praat as ek se te veel te vinnig te baie. Ek en Johan is nou al 25 jaar beste pelle en het in Februarie hierdie jaar al 20 sakke sout verorber. Ons grootste gemene faktore is Laetia nou 18 en in matriek en Isak 16 en in st 9(sorry kan nie vrede maak met die graad besigheid nie))
Isak is baie spyt, wou graag die ouboet wees!!(Is nou op daai "wiele" stadium) Hy is die hoofnar in die huis en sussa die ernstige een. Sy wil volgende jaar onderwys gaan studeer en Isak is nog "clueless".
Ons is nou woonagtig in die dorp(het op Hekpoort gebly)en sal eendag weer graag platteland toe wil trek.
Die ergste wat nou vir ons voorle is om die kuikens se vlerke te oefen en in 'n rigting te help,en daarna so vinnig as moontlik Gauteng se teer van ons voete af te kry en op 'n "stukkie" Kalahari of Karoo(een sonder grondeise) te gaan mens wees.
Ons is aktiewe buitelug mense en die wa en Landy staan permanent en bewe -reg vir aksie.
Die foto's wat ek aanheg is foto's van ons op van ons reise deur die land.
Hierdie is 'n wonderlike idée en ek hoop julle vind ALMAL!!