Caroline Marais - Du Toit
Hi Daar,
Dit was wonderlik om van jou te hoor en ook weer almal se fotos te sien.
Ek het ook die wonderlikste verrassing 'n ruk terug gehad toe my beste, boesem
vriendin van skool (Antoinette Barnard) vir my kom kuier het by die
werk) Hiermee my ou verhaaltjie. Ek is met 'n wonderlike man
getroud, sy naam is Stephan (19 jaar nou al). Ek het 2 kinders - Tanya
(24 jaar) sy het onderwys geswot, skool gehou maar nou nie meer nie (maar wil
alweer terug onderwys toe, sy het 'n absolute passie om met kinders te
werk) en Stephan (15 jaar), hy is in Menlopark Hoërskool in
Pretoria. Verskriklike uitblinker in sport, het in St. 5 provinsiale
klere in rugby, krieket en golf gekry. Hy het vroeër die jaar vir
die 1e rugbyspan speel teen 'n toerspan van Engeland en Wallis en het ook
in die driedruk reeks gespeel speel vir die 1e span by
Tukkies. Hy het ook die blou bul jeugklubspan gemaak maar het toe
'n kniebesering opgedoen en moes vir 'n operasie gaan wat hom nou vir 6 maande
uit sport hou. My enigste hartseer is dat hy 'n blou bul trui oor
sy kop trek, dit is vir my verskriklik.
Ons bly in die ooste van Pretoria. My man is 'n Beleggingsadviseur by PIC
Syndications (dit is beleggings in eiendom - so as jy geld het wat jy wil bele,
praat met hom) en ek werk vir 'n makelaar. On het vir 3 jaar in Knysna
gebly waar ek 'n gastehuis bestuur het, dit was aaklig want ek se mos altyd, as
die mense vir wie jy lief is ver van jou af is dan kan geen plek in die wereld
mooi wees nie (Tanya kon nie saam gaan nie want toe is sy op Universiteit en ek
en my ma is mos baie "close", so ek was heeltemal te ver van hulle
af.
My ma is nou so 2 jaar terug wreed aangeval deur haar tuinwerker, hy het haar
kop oopgekap met 'n pik, sy was vir 2 maande in 'n koma, moes 'n brein operasie
ondergaan en toe sy wakker word kon sy niks doen nie, nie praat, loop, niks
nie. Sy is toe na 'n rehabilitasie sentrum waar sy alles van voor af moes
leer doen. Vandag gaan dit goed met haar, behalwe dat sy baie swaar loop,
maar dit is wonderlik om haar by ons nog te he. Die herstel glo en weet
ons kom net van onse Hemelse Vader af.
Fotos aangeheg is soos volg:
Foto 1 - Stephan tydens 'n wedstryd teen Waterkloof Hoërskool
Foto 2 - Ek en my liewe moeder
Foto 3 - Ons wonderlike gesin (met my sus aan die kant)
Foto 4 - My twee wonderlike kinders - Boetie en Sussie (verskriklik lief vir
mekaar)
Caroline (Cary - soos almal genoem het)
Roelien du Toit (soos hulle my nou noem)