Christi Jooste
Mariaan
Na skool is ek Tukkies toe om medies te gaan swot.In my 2de jaar het ek besluit dit is nie vir my nie,en het opgeskop,maar moes toe noodgedwonge by die SAP aansluit omdat ek nie lus was vir die army nie.
Na my opleiding het ek by die Spesiale Wageenheid aangesluit en na Kaapstad vertrek waar ek by die Parlement diens gedoen het.Hier het ek vir my vrou,Corrie,ontmoet wat toe werksaam was as sekretaresse by die minister van Binnelandse Sake.
Ek het vinnig agterkom dat ek nie 'n baie goeie polisieman is nie,en het besluit om weer met my mediese studies aan te gaan.Ek en Corrie is in 1987 getroud.Sy het die pot aan die kook gehou terwyl ek geswot het.
Ek het in 1992 klaargemaak en daarna my huisdoktersjaar in Hammanskraal gedoen,voordat ek vir kort periodes in Carletonville en daarna in Pretoria werksaam was.
Sedert 1995 is ek in solo praktyk net buite Witbank.
Ons het 3 seuns(die dogtertjie resep wou nie werk nie),waarvan die oudste 18,dan 15 en 'n laatlammetjie van 7 jr. is.
Hierdie jaar sal ons dus 22jr getroud wees(Corrie het voorwaar hare op haar tande).
Groete en dankie vir al julle moeite
Christi
2012
Gideon van Rensburg Andre Engelbrecht Christi Jooste