Hi almal Wil julle net laat weet dat Retha haar stryd teen die kanker verloor het op Woensdag 10 February 2010 en nou berusting vind in Jesus se vertroostende hande. Die begrafnisdiens is Dinsdag 11h00 uit die NG Kerk Witpoortjie. Dit sal slegs ‘n kerk diens wees. Groete Mariaan |
Retha Olivier - Van der Westhuizen
MAART 2009
Hallo Mariaan
Natuurlik onthou ek jou, dit is great om van jou te hoor. Jammer ek kom nou eers terug na jou maar ek weet nie of my gehoor het dat ek redelik siek is nie. Ek is bietjie meer as 2 jaar gelede gediagnoseer met borskanker en ek het verlede week gehoor ek het breinletsels. Ek is tans nie by die werk nie maar ons kan op die volgende mail by die huis rethavdw@gmail.com.
Hoor gou van jou
Retha
___________________
JULIE 2009
More Mariaan
Ek het nou net jou mail ontvang na ek uiteindelik terug op die lug is. Gou 'n update oor my gesondheid...
Deur die genade het ek bestraling en chemoterapie oorleef maar is op vroee pensioen gesit. Dus is ek 'n lady of leisure maar kan nie stilsit nie en het bietjie vakansie gehou.
Was verlig toe ek hoor dat daar baie soos ek is wat nie aanvanklik die name en gesigte herken het nie, anders as die ander het ek natuurlik 'n geldige verskoning...heheheheh.
Gou 'n update van my na skool... Het verpleging by 1 Militere hosp geswot en het vir 3 jaar in die Caprivi gewerk na ek kraam gedoen het. Daar het ek ongeveer 300 boesmanbabatjies die lig laat sien.
Ek was met Sam getroud maar na hy in 'n motorkaping geskiet is en as 'n parapleeg geeindig het het ons huwelik dit ook nie gemaak nie. Ons het 2 dogters Anja 14 en Ruanet 13. Ek was maar die heeltyd in Pta behalwe vir 3 jaar wat ons 'n besigheid in Groblersdal gehad het.
Die laaste 10 jaar het ek nie meer verpleeg nie maar het vir mediese fondse gewerk waar ons risikobestuur gedoen het.
Ek het nie 'n onlangse foto nie want ek het gehoop dat ek teen hierdie tyd weer hare het, maar helaas...
Lekker dag
Retha