Frikkie Piorek
Goeie dag Mariaan
Ek vertrou dit gaan goed met almal.
Dit is goed om weer in kontak te wees, ek voel soos Hannes, ek druk eerder die knoppie as om die "say cheese" ding te doen.
Ek is bevoorreg om met die wonderlikste vrou getroud te wees, Martie. Ons woon in Roodepoort Noord en het 3 tieners. Die oudste, Gareth, is rugby-mal en speel vir Poorte se o/19 span. Hy vat n "break" die jaar soos hy dit stel. Dylan en Celeste is in HS Roodepoort en albie is redelik kunstig en lief vir chef speel. Ons geniet die buite lewe en is altyd op die uitkyk vir nuwe opwindende plekke om n tent op te slaan of selfs in n gaste-huis tuis te gaan (soos op van die fotos tydens die onlangse lang naweek - Barn op n plaas buite Kroonstad)
Is daar enige planne om binnekort n byeenkoms te reel?
Groetnis
Frikkie Piorek