Corrie Fourie - de Canha
Dit was heerlik om jou weer te sien, en om weer die fotos van die ander te sien, net jammer ek kan nie almal onthou nie.
Wel ek moet ook seker my verhaal vertel. Ek het na ek uit die skool uit is by n apteek begin werk (was eintlik my naweek en vakansie werk, wat permanent geword het) Ek het my apteker assistant kurses van 4jaar voltooi.
Ek is in 1987 getroud en na ses jaar is ek geskei(moes maar na my ouers geluister het, maar ore was min) Maar laat in 1993 is n wonderlike man op my pad gestuur, en ek is in 1997 met hom getroud en was n "instant" ma van twee dogters Tania en Melissa.
Tania is nou 34 en trou Desember maand, Melissa is 23.
En ons is nou 12 jaar getroud.
Ek het 13 jaar vir Krugersdorp hospitaal apteek gewerk en is nou by Bellstraat hosp vir die afgelope 6 jaar as "stock control co-ordinator en geniet dit baie.
Ek stuur n foto van my en manlief (Alfred_) wat in 2008 geneem is.
Sal later n familie foto stuur.
Lekker dag
Groete
Corrie de Canha (Fourie)