Hannes Greeff
Hi Mariaan
Soos jy kan sien aan die datum reageer ek maar stadig, spandeer ek nie juis baie tyd aan e-posse en “surfing” nie.
Ja die tyd het aangestap en dit is absoluut "great" om al die ou gesigte ( ek praat nie van lewenslyne en ondervinding nie), vriende en pelle, weer te sien. Dit bring die goeie ou dae en nostalgie terug.
Ek is 22 jaar getroud met Helena, sy was ook in Jannas maar net 'n jaar later as ons. Ons het twee wonderlike kinders, my meisiekind - Glodine, sy het die jaar onderwys begin studeer en seun - Johann, hy is in standard 8 (graad 10).
Ek heg so 'n paar fotos aan, maar moet by sê ek haat fotos, dit voel net beter as ek die knoppie druk in plaas van "cheese" sê.
Die fotos is: Glo Matriekafskeid en Johann
Die foto Glo Matriekafskeid - ek staan agter (die amper bles een) voor my is my dogter en Helena in die wit hempie.
Groete vir almal
Hannes Greeff