Wenda Gouws - Scheepers
Dit is wonderlik om al die gesigte weer te sien! Dankie vir jou moeite, tyd en als wat daarmee gepaard gaan Mariaan.
Ek wonder of jy besef dat deur jou toedoen baie van ons ou kenisse opspoor wat ons wraggies soveel jare laas mee kontak gehad het en dalk nooit weer sou nie was dit nie hiervoor nie? Om nie eens te praat van die herinneringe wat sommer weer hier op my voorstoep staan. So goed om te hoor van al die wedervaringe, kinders, loopbane en sommer net alledaagshede.
Ek is rekenaarongeletterd en danksy my man kan ek nou eindelik my eie e-posse ontvang en stuur (hoog tyd en danksy julle, die inspirasie daaragter).
Ek is nie mal oor foto's van myself nie...maar ek het duisende van my kinders, perde, honde, voeels en vark. Ja, ek is gek na diere(nogsteeds). kom ons hou asseblief almal mekaar op hoogte en geluk Vlooi!
Hierdie foto's is
1-Ek op my perd Appeltjie waar ek hom leer bees aanjaag.
2- My seuns Jaco, Juan,Eben en Erich by Ushaka marine in Durban hierdie April vakansie, 3-My man Jaco en
3 van die seuns op ons plaas buite Magalies.
4-Ek, my jongste en my oudste.
Groete, Wenda en famillie