Erica Gouws - Jordaan
Dit was so ‘n groot verassing to Landi my bel om te vertel van die website, ek is net nie te aktief op die rekenaar nie.
Dis wonderlik om almal weer te kon sien op fotos en dan ook weer terug te dink aan ons skooljare. Ai, dit was darem
goeie tye julle, ek sal enige iets gee om net weer so dag of twee terug te wees op skool, in matriek met geen stres of
verantwoordlikhede nie. Ek en Alec het al kontak gemaak of facebook en ek het met Vlooi gesels, die arme lyfie ook
nou swanger - baie bly vir haar. Ek wil graag kom kuier en sal nog laat weet wanneer. Dit lyk so einde Maart se kant.
Ek en Landi het kontak, ons praat so een maal ‘n maand.
Ek bly in Melkbosstrand, nou al vir 13 jaar. Ek is getroud met Gerrit Jordaan, hy was in Monnas. Ek het drie kinders,
Sherenè – 20 jaar oud, sy swot regte by Maties in Stellenbosch, nou besig met haar 2de jaar. Baie oulikies en baie klein
en fyn gebou, maar ‘n mond wat nooit stop nie. Jacques – 13 jaar oud, hy is nou gr. 8 toe en is in Paul Roos Gimnasium,
Ook in Stellenbosch. ‘ n Lekker outjie wat hou van lag en alles van sport. ‘n Diep seun ook. Oe, en dan is daar Ruan –
9 jaar oud, nou kyk hieso, nommer drie het almal my vertel –“ gly so deur die lewe, jy weet nie van hom nie” – toe nie.
Die seuntjie is hiperaktief en baie besig. ‘n Liewe seun, maar jy moet hom lief hê!
Ek en my man het ons eie besigheid in die Kaap, nou al vir die laaste 8 jaar. ‘n Dak konstruksie maatskappy – Cape Roof.
Dit gaan goed hier, die bedryf is nou stiller met die ekonomie, maar ons is baie geseënd en werk nou maar net harder.
Ek het na skool glad nie verder studeer nie en is baie spyt daaroor. Te gou getroud en toe gou weer geskei. Te jonk,
te vinnig, en vinnig verby. Ek is baie gelukkig en is baie dankbaar daarvoor, ook met ‘n wonderlike man getroud wat vir
my ‘n goeie man is en ook ‘n baie aktiewe en oulike pa.
Ai man, nou mis ek sommer julle almal en nou wil ek kom kuier, meer as ooit!
So bly hieroor, ek hoop ons vind die ander!
Ek soek so na Roelien, syt saam, was dit Hestie of so iemand in die snoepie gewerk.
Nou moet ek eers my spelling kyk, Mnr. Gouws het altyd gesê: ”Ai, meisie- jy kan net glad nie tik nie” (Janine Cilliers het altyd
My tiktoets na hare getik, ja julle het nie geweet nie nê). My oulike man het klaar gecheck en nou stuur dit vir julle!
Tot later dan……
Erica