Roelien Bezuidenhout - Stander
My aarde, jy het omtrent aan alles gedink. Weet jy ek is mos baie kameraskaam. Hier heg ek vir jou paar fotos aan. Dit is omtrent al fotos wat ek van myself het. Die hare het so verander in die jare kort en lank rooi en blond, en nou is dit weer skouerlengte. Sal een neem van hoe ek nou lyk en vir jou mail ook.
Die eerste foto 100-2980 is die mees onlangste foto van my, dit is in Mei hierdie jaar geneem saam 2 vrouens saam wie ek gewerk het by die vorige prokureursfirma.
Die een van my man, my oudste dogter en ek is geneem op haar 21st, so 2 jaar terug. Dan is daar fotos van my kinders. My ander seun is ook 21 en hy is in Suid-Afrika.
Die een van my seun, Matthew, hy staan heel agter met die groen khaki hemp en denim broek. Hy is my baby, hy is nou 13 en gaan volgende jaar hoërskool toe. My slimkop en proffessortjie. Praat ook verskriklik baie en vra baie vrae. Hy is sopas gekies vir die 0/13 Namibiese krieketspan. Hulle gaan nou December Suid-Afrika toe vir ‘n krieket toets.
Die Stander familie foto is van my man se ouers, broer en suster toe ons onlangs in die Kaap was.
Dan is daar my dogter, Valery, sy is nou 18 en ‘n pragtige kind. Sy is verskriklik lank 1,95m om presies te wees en kan ‘n regte internasionale model word maar sy stel nie belang nie. Sy is baie kunstig en gaan moontlik volgende jaar na ‘n kunsskool toe.
My oudste dogter is Maryke, sy is nou 23. Sy is tans in die Kaap besig met modelwerk. Sy was ook Namibia se top ritmiese gimnas maar het in haar matriekjaar opgehou weens baie skoolwerk. Sy is ‘n regte fitness fenatic en wil graag volgende jaar haar eie fitness en dansskool begin.
Ek en my man het in 1986 ontmoet en is nog steeds getroud, kan jy glo. Hy is ‘n wonderlike man. Ons praat ook die meeste van die tyd engels omdat my man engels is. Ons het in 1991 na Walvisbaai toe getrek en bly nog steeds hier. ‘n Lieflike dorpie by die see.
Bo en behalwe my werk by die prokureurs het ek ook my eie besigheid by die huis. Ek maak trourokke en aandrokke en sommer enige iets waaraan jy kan dink. Dit was eintlik net ‘n hobby maar het baie vinnig ‘n besigheid geword. Ek beplan nou om volgende jaar ‘n couture bridal boutique oop te maak.
Ek speel ook rolbal en is ons kus se dames champion en gekies as addisionele speler vir die Commonwealth games volgende jaar.
Dit is so te se my hele storie. O ja en ek verjaar die 6de December en dan word ek 44 maar ek voel nog 24.
Wel ek hoop dit is genoeg inligting vir jou. Indien jy nog enige iets wil weet vra maar net.
Ek is baie opgewonde oor die hele storie. Lankal tyd vir ‘n bietjie opwinding in my lewe.
Groete
Roelien I Stander