Maranda Spangenberg - Coates
Hi Mariaan
Ek geniet dit vreeslik om na al die tyd weer almal te sien al vat dit partykeer 'n rukkie om 'n gesig te plaas. Ek is baie gelukkig getroud met 'n wonderlike man, het 2 dogters en woon nogsteeds in Krugersdorp. My oudste dogter Chantelle is 22, sy het so pas haar BEd graad gekry en is tans besig met honneurs in onderwysreg en bestuur. Samantha is 18 en 'n eerste jaar BCom in Menslikehulpbronbestuur student, albei is by die Puk. Ek is 'n huisvrou wie se lewe so te sĂȘ net om die gesin draai. Ek hou glad nie van foto's van myself nie want ek lyk gewoonlik "terrible", maar stuur graag die volgende 2 saam:
1. Ek, Chantelle en manlief Brad tydens haar gradeplegtigheid vanjaar.
2. Chantelle en Samantha
Groete
Maranda