Elize Coetzee - Jansen van Vuuren
Hi Almal
Wel at last het ek ook al my goedjies reg gekry. Dit is my familie, my
man Francois, seun Luke 13 jaar,en dogtertjie Shannon 8 jaar. Ek en
Francois is al 14 jaar getroud maar vir 20 jaar al saam. Ek kon nie vir
n beter man gevra het nie, hy is die beste. Francois werk by Dulux.
Luke speel rugby maar blink uit in sy krieket want pa Francois is
betrokke met sy afrigting. Hy was beste speler vir die week in
Standerton uit sowat 200 seuns.
Shannon speel netbal, hokkie, gimnastiek en natuurlik blink sy uit in
haar dans. Sy het vanjaar SA's gedans en diploma ontvang. Soos julle
kan sien is my kinders groot blou bulle, maar ek en pa leeus. Ek werk
halfdag en ons installeer skakelborde en CCTV kameras.
Sal julle sien by reunie.
Groete
Elize Jansen Van Vuuren (Coetzee)