Handa Van der Westhuizen - Venter
handavdw@gmail.com
Hi Mariaan.
Dit was so lekker om al die ou maters te sien op die webblad.
My sprokiestorie en lewe begin 19 April 2008. Aspoestertjie kry haar prins. Ek en Braam het ontmoet by n braai en dit het net nooit opgehou lekker wees tot nou nog!! Hy is n "Operations Manager" vir CCI Gauteng - Netwerkverskaffers. Ek is n PA vir n Ortopetiese Chirurg in Krugersdorp.
Ek het drie kinders nie self gebaar nie maar gegee deur Liewe Jesus aan my. Armand (witkop seun) het ek aangeneem toe hy 7mnd was. Hy is nou 12jr. Braam het twee kinders uit sy vorige huwelik wat nou soos my eie is. Byrne (bruinkop) 13jr. en Naydean 22jr. Sy het n seuntjie Zydrian wat 3jr is. So ja ek is al n ouma ook. Lol. Sien uit na die reunie!
Groete en pas julle op.
Paar fototjies bygesit
Handa