Mia Hutchons - Dempsey
Mariaan
Dit was n groot verassing om na soveel jaar van jou te hoor. Die jare het gevlieg ne. Ek kan baie van die gesigte glad nie onthou nie maar hier en daar lui dit n klokkie (die ouderdom?).
Baie dankie vir jou moeite om ons op te spoor. Anneke het my toe gebel en ons het lekker gesels. Ons is nie altyd so op datum met die tegnologie nie so jammer ek stuur nou eers n foto aan. Dis nou weer n geleentheid om te leer hoe werk al die goed. Ons het twee kinders Nateli en Rynardt, Nats is in Pretoria besig met haar eerste jaar in Mode ontwert en ons seun is nou in graad 8. Ons is baie gelukkig en geseend met ons gesin.
Hoop jy kry die reunie gereel. Laat weet die datum asseblief.
Liefde groete
Mia Dempsey (Hutchons)