Sanra Jacobs - Oosthuysen
Mariaan
Ons is maar ‘n baie kamera sku familie. Vra vir sonsondergang foto’s of see tonele daarmee kan ek help maar vir die res .... Hier is ‘n foto van manlief en die kinders en die ander ek, manlief en Francois ons oudste. Ek het so paar foto’s van ons matriek jaar ondek wat bietjie dof is. Die wat weet hoe sal bietjie kyk of hulle dit kan red om vir julle te stuur.
Wat ‘n verassing om al die bekende name en gesigte op die foto’s te sien. Ek is seker ek het al verby heelwat van julle geloop sonder om julle te herken.
Ek en Anton is 20 jaar gelede getroud( ons dink, daar was so ‘n hewige donderweer storm dat ons steeds nie seker is wat die dominee gesê het nie). Ons was vir 11 jaar Pretorianers maar soos julle seker weet as jy eers een keer in Krugersdorp gebly het kan jy nie hier weg bly nie . Francois is ons oudste en in Graad 11 en Elomie is in Gr 10 albei in Monument.
Ek sal een naweek in die kaste krap en al die ou foto’s uithaal en aanstuur en sal dan ook een van ons familie stuur.
Hoop om gou van julle almal te hoor.
Groete aan almal.
Sanra