Marie Jansen van Vuuren-
Van Noordwyk
Hallo Mariaan,
Jis, dit is soos lekker en opwindind om 'n paar van die bekendes wat saam met ons in matriek was gedurende 1983 se gesigte weer te sien. En hoe baie het sommige van ons nie verander nie.
Nou ja soos jy weet was my van Jansen Van Vuuren in matriek.
Ek was voorheen getroud maar is later geskei omdat dit nie uitgewerk het nie. Is later weer getroud met 'n wonderlike man Nico Van Noordwyk vir die laaste 12 jaar.
Ek het 'n dogter Natasha wat gebore is uit my eerste huwelik, word hierdie jaar al 23. My man Nico het ook 'n seun uit sy vorige huwelik met die naam Nicolaas wat ook 23 jaar word hierdie jaar. Ons en dan 'n laat lammetjie saam met die naam Zander wat vanjaar 12 jaar word.
My dogter Natasha is tans werksaam in die UK - London, en Nicolaas is werksaam by 'n IT maatskappy in SA. Hulle het beide geswot op Potch waar hulle hul 3 jaar grade voltooi het.
My man is tans werksaam in Afrika (Ghana) en ek en ons jongste is nog in Suid-Afrika. Ons sal as 'n gesin vir 'n onbepaalde tyd by hom aansluit, dit realiseer so om en by Augustus/September 2009. Ons behou egter ons eiendom ens. hier in Suid-Afrika as ons sou moet terug kom as dinge nie uitwerk daar in Afrika nie.
Ek heg vir jou 'n paar fotos aan. Sal op 'n later staduim vir jou nog aanstuur, sodra ek gaan krap het om te kyk wat kon ek opspoor oor ons skooldae.
Liefde groete,
Marie Van Noordwyk