Pieter Marais
Hi Mariaan
Wat ‘n wonderlike verassing was dit nie om van jou te hoor nie. Ek weet nie hoe het jy my in die hande gekry nie, maar is dankbaar jy het. En dan nog om al die ou gesigte op die webpage te sien was n dubbele bonus. Hier is ‘n bietjie inligting oor my en my familie .
Na ek uit Jannas uit is, het ek skool klaar gemaak in Rustenburg en is kort daarna met Kotie Burger getroud. Ons is al 23 jaar gelukkig getroud (Ek’s gelukkig, sy’s getroud) Ons het 2kinders Marinda(22) wat tans haar 4de jaar LLB(prokereus regte) op Tukkies swat en Chantelle(16) wat st8(gr10) die jaar kla maak by Bergsig Akademie. Ons bly in Rustenburg waar ons, ons klein hoewe het. Ek is n mynkaptein en my vrou is in die bank wese
Nou ja dit als in ‘n neute dop, kan ek se dat ek nie spyt is oor enige iets in my lewe nie ek is gelukkig en geseënd met familie en vriende wat my lief het en waarvoor ek om gee. God het my waarlik geseën. Dit sal werklik lekker wees om julle weer te sien en bietjie te kan gesels oor die ou dae.
Laat weet my asb as daar enige byeenkomste is ek sal graag dit wil by woon
God se rykste seën
Peter Marais
Foto 1: Pieter en sy vrou
Foto 2: My vrou en ons oudste
Foto 3: Ons jongste op ons kleinhoewe
Foto 4: Ons 2 dogters