Soekie Holton- Van Eeden
Hallo Mariaan,
Dit was sooooo lekker om op die webblad al die verhale en foto’s van ou bekendes te sien! Ek is gevul met soveel heimwee. Ons het soveel mooi tye saam deurgebring…..en natuurlik leed Die webtuiste is ‘n blink gedagte.
Ek is vreeslik spyt ek het die reünie gemis – hoop daar is spoedig weer een!!!!
Nadat ek klaar onderwys gaan studeer het, het ek vir een jaar by H/S Jan de Klerk en vier jaar by Die Adelaar skoolgehou. Ons oudste seun Rohan is in 1992 gebore en ek het besluit om my eie besigheid vanaf die huis te bedryf sodat ek meer tyd kan hê om ma te speel. Almal met hulle eie besigheid weet seker dat ek my geheel en al misgis het. Ons tweede (en laaste) seun is in 1996 gebore. Rohan (st 8) is ‘n kind met ‘n sagte gees en Marnus (st 6) is weer baie glad met die mond. Gelukkig het albei hulle pa se goeie en sagte geaardheid EN vaar hulle beter op skool as hulle ma.
Ek het die wonderlikste man, JOHNNY, en ons is nou amper 17jr getroud. Dit is wonderlik dat jy jouself kan vind as jy weet iemand het jou lief en aanvaar jou net soos jy is. Ons gesin het oorvloed liefde en vrede en ek dank MY HEMELSE VADER daarvoor.
Ek sal binnekort vir jou foto’s stuur.
Soekie Holton (van Eeden)