Johan Booysen
Mariaan,
Dit was aangenaam on van jou te hoor vandag, ek sou dit nie eers kon droom nie... !
Ek het ook jou ander e-pos'e gekry, dit aangenaam om te verneem wat van ons skool vriende geword het.
Verder sien ek ook dat Irene Gouws nou woonagtig is naby die Krugersorp Wiltuin, dis mos waar ek groot geword het, Plot 45, Helderkruin... he.he
Jy kan uit die klasfoto sien wie die stoudste was ne !
Beide my ouers is seker so 2 jaar na matriek oorlede, waarna ek weermag to was in "Venda" vir omtrent 20 maande
Ek is nooit getroud nie en het ook nie pragtige kinders soos van die ander nie.
Huidiglik is 'n bestuurder by Nedbank in Pretoria.
Ek woon ook in Pretoria in Montana, daar waar die Kolonade Sentrum is in Zambesi Dr, miskien gee dit jou 'n beter idee.
Weereens goed om van jou te hoor, tot later.
Ek stuur onlangse foto's van myself hiermee saam.
beste groete
Johan Booysen