Anne-Marie Beukes (Pansegrouw)
Hi Mariaan,
O Kay, hier is my storie.
Het na skool by die poskantoor gewerk as Data Capturer en kort daar na getroud met Kerneels Pansegrouw.
Ons sal Maart al 25 jaar getroud wees en is geseend met 2 dogters. Andelishe nou 23, ook al getroud en ook al ma van mej. Wereld 20…….!!!!! Melissa nou 21 nog besig om alles te swot wat sy kan. Bly nog al die pad in Krugersdorp, het darm vir so 7 jaar in Rustenburg gebly, maar soos hulle se as jy eers water in K/dorp gedrink het…Ek het nie weer gaan werk nie en was bevooreg om my kinders self groot te maak. Soos Kerrie sal se “House Executive” .
Van lings op die foto is my Pa, ons het my Ma teen die kanker verloor in 2002. Was n groot skok vir ons, sy was maar net 55. My pa bly nou by ons in die woonstel en is deel van ons gesin. Terug by die foto, So dis Pa, dan ons oudste Andelishe se man Emile en sy. Melissa, ek en my man
Groette
A.