Marietta Liebenberg - Pedridis
Ek is vir die twee keer getroud (2 Desember 2006) met ‘n wonderlike man, Christos Pedridis!
Twee pragtige dogters uit my 1ste huwelik, Merishe (21) in April 22 en Rianka (17). Merishe werk alreeds en Rianka is tans in Gr 12.
Ek en Christo het nie kinders saam nie! Hy was nog nie voorheen getroud nie en het dus ook nie enige “kids” nie!
Foto’s:
1. Merishé & Rianka saam met hulle 2 neefs (Merishé met die kort hare – swart toppie)
2. Troufoto’s – Des 2006
3. Ek & Christo by my ma se huis op Naboomspruit (Julie 2008)
Ek werk vir Absa Versekering in die middestad en woon in Krugersdorp-Noord (beplan om teen die einde van die jaar Florida Hills toe verhuis – ‘n bietjie nader aan die werk!
Ek was vriende met Mariette Erasmus, Antoinette Barnard, Antoinette Niemand, Caroline Marais (Ek dink haar van was Marais – sy het uitgegaan met Andre Engelbrecht).
Ek sal ‘n bietjie krap vir skool foto’s!
Groete