Felix Tiedt
Hallo Mariaan,
Ek was saam jou in Krugersdorp Noord Laerskool en standard 6-8 in
Jannas. My ouers is verplaas en ek het st. 9-10 in Ermelo Hoër
voltooi.
Dankie vir die fotos. Dis great om weer daarna te kyk, en terug te
dink aan die lekker tye saam. Ek het 'n paar jaar gelede op Jannes se
beheer liggaam saam met Ansie van Dyk (Nortje) gedien.
Alhoewel ek nou nie saam julle in '83 daar was nie, sal ek dalk die
reunie wil bywoon, indien ek welkom is.
Laat maar weet.
Mooi bly.
Felix Tiedt
_____________
Hi Felix
Ek wou se, jy is vroeer by die skool weg. Maar jy kan geeerd voel want almal onthou jou nog en vra na jou. Ek stuur in elk geval jou inligting aan vir almal, as daar dalk iemand is wat jou wil kontak.
Jy kan maar gereeld op die website gaan kyk, wat omtrent elke dag opgedateer moet word met die nuwe mense wat elke dag bykom en natuurlik sal ons jou nooi na die reunie toe. Ek sal jou op hoogte hou.
Jy kan nou maar gerus vir ons 'n foto ook stuur van jou en jou familie, want jy is tog een van ons.
Groete
Mariaan
________________
Hi daar,
Ons het gou vir 'n paar dae weggeloop Kaap toe in Julie.
Ek stuur nog 'n paar, die res sal op Facebook wees.
Ek en Elna is nou 21 jaar getroud. Ons het mekaar in Kroonstad ontmoet terwyl ek in die Gevangenisdiens orkes was. Ek het in 1988 by Telkom begin werk en ons het na Krugersdorp verhuis. Ons het daar 17 jaar gewoon.
Ons het twee dogters. Marlize is nou tweede jaar student in Somatologie en Bernice is in graad 11. Ons woon tans in Centurion.
Ek werk nou by Telkom hoofkantoor in Pretoria en doen BPR. (Business Process Re-enginering) Elna het 'n eiendoms agentskap in Centurion, en het nou ook betrokke geraak met akkommodasie vir 2010 ... Ons geniet die buitelug, hou van stap en probeer twee keer 'n jaar 'n ander plek van ons mooi land sien.
Ek sien uit na die saam kuier later die jaar.
Groete.
Felix