Sanet Nel - Deyzel
Hi Daar Almal,
Ek is nou Sanet Deyzel (was Nel) en jul sal my dalk nie almal onthou nie. Was maar stillerig op skool. Getroud, voel soos 100 jaar al, baie lief vir manlief, Francois en het 3 brats Maryke, Wayne en Heine en baie trots op hul aldrie. Ons woon in Kemptonpark. Manlief is n Tegniese Direkteur by Samsun in Benoni en ek werk as n “Site Accountant” by Concor (Paving Maatskappy en n divisie van Murray & Roberts) en werk baie lekker. Niks ernstige stokperdjies nie…..werksure van 7 tot 7 (my eie skuld) en andersins is die kinders en manlief baie demanding. Ek is baie opgewonder oor die re-unie en kan nie wag om betrokke te raak nie. Kan nie wag om al die plooie, selluliet en pankoppe te sien nie (lol)
Mariaan laat weet maar as ek ietsie kan doen.
Intussen is hier n paar foto’s van my “brats” en manlief.
Eerste is ek en manlief en die kiddies.
Tweede foto is my baby – Heine 14 jaar en in graad 8. Hiperaktief en n perfeksionis.
Derde foto is my dogter – Maryke 25 jaar en is n “sales executive” by Nashua. Was al n paar keer oorsee vir sales incentive wat sy gewen het. Natuurlik haar pa se blou-oog.
Derde is my oudste seun – Wayne 19 jaar en in die kollege besig met IT. Baie lui en ons moet hom heeltyd op sy tone hou.
So dis nou ek en my lewe huidiglik.
Sanet