Steven & Magda (Van Wyk) - Steyn
Magda_Steyn@aon.co.za
Hi Mariaan,
Baie dankie, ek het die e-mails gekry. Ek is so stil omdat ek geskok is oor hoe GOED julle almal lyk en hoe OUD ek geword het ... Ek het besluit om vir ons gesin 'n spesiale fotografie-sessie te reel sodat die foto's reg "gedokter" kan word.
Speel net. Sorry man - dit gaan sommer uit die staanspoor wild hier op kantoor!
Ek is dankbaar om te kan se dat dit met ons baie goed gaan. Ek en Steven is volgende maand 22 jaar getroud en ons is geseen met 'n seun (Eben - amper 20) en 'n dogter (Carmi - word 13). Hulle is albei "amazing" en die spil waarom ons lewe draai ...
Steven werk nou al byna 10-jaar by die Telesure Groep - huidiglik 'n Business Unit Manager. Hy is 'n great Dad en eggenoot!!!
Eben is hierdie jaar 'n 2de jaar student aan die NWU (Potch). Hy is 'n totale "over achiever" op alle gebiede! Soos jy genoem het, hy trek NOGAL sterk na sy pa? Die meisie saam met hom op die foto is sy meisie van die afgelope 2 jaar, Riette.
Carmi is hierdie jaar in Graad 7. Sy is 'n absolute "darling" - 'n sagte, liefdevolle poppie wat leef in 'n wereld van haar eie waar alles en almal net mooi en goed is.
Ek werk vir Aon SA - diens korporatiewe kliente wat spesialis-versekeringsprodukte benodig (bv. Directors & Officers, Professional Indemnity, ens).
Fluit, fluit, my storie is uit!
Lekker naweek.
Liefdegroete,
Magda