Kariena Bredenhann - Marè
Uiteindelik, soos belowe.
Ek is in 1985 getroud en het 'n kits mamma geword. Hy was geskei en het 'n 2j 9m dogter gehad (woon in Bloemfontein is 26 en reeds getroud). Uit ons huwelik is 3 kinders gebore. Maricel nou 20( Skoonheids terapeut), Lizaan 18( Swot besigheids bestuur) en die terroris Hennie 15 en in gr9. Hy is 'n sport mal kind, wil net Rugby speel en nie leer nie. Gewoonlik het alle stories nie 'n sprokies einde. In 1996 is hulle pa oorlede en is ek toe op 29 weduwee met 3 Kleuters. Gelukkig voorsien die VADER ook in alle behoeftes. Twede huwelik in 1997. "n wonderlike man en goeie pa( nie almal is so gelukkig om albei te kry nie.)
Ons woon die afgelope 11 jaar in Kuilsrivier so 30km vanaf Kaapstad en bedryf ons eie besigheid (vuurwapen opleiding). Die Kaap ruil ek nie sommer vir Gauteng nie( berg en see, julle kan maar kwyl ).
Dit is wat ek julle kan vertel.
Ingesluit is Foto van ons troue ( sal binne kort update)
Dogters as strooimeisies by niggie se troue (2007)
Al drie by sussie se troue (2008)
Hennie as finalis Mnr & Mej De Kuilen