Erica de Wet - Roos
Ek kyk so na die fotos en ek dink ek ly ook aan Alsheimers want ek sukkel om die gesigte te onthou. Maar nou ja hier is my storie. Uit die skool het ek die polisie gejoin. Daar het ek met trots die blou uniform gedra tot verlede jaar toe ek bedank het en my man in die besigheid as ‘kantoordame’ kom help. Sommige van julle sal my naam dalk herken van die koerante en radio want ek was vir lank die Kommunikasie beampte van die polisie vir Noord wes.
Ek is ook getroud gewees en later geskei, gewese man toe dood, en weer getroud. Ek en my man Hannes is al 15 jaar saam maar laas jaar 10 jaar getroud. Uit die huwelik geen kinders net uit my eerste, Alexis wat nou 23 is, Carien Jacobs-Wyman is haar peetma. Dan is daar Jan-Christiaan (JC) hy is in Grd 10 in die Tegnies hoërskool, Rustenburg. Sukkel maar want mag mos nie meer slae kry. My dogter werk al 6 jaar by Anglo Platinum myn as ‘n senior administrator- inventory. Sy studeer terwyl sy werk.
Soos ek gese het ons het ons eie besigheid hier in Rustenburg, ons bou en herstel groot sleepwaens. Ons woon en werk op ‘n stuk grond so 20 km buite Rustenburg op die ou Pretoria pad langs die N4. Dank die vader ons besigheid vorder goed. Hier het ek 5 honde, 8 ganse, 8 varke, en drie perde waarvan die vulletjie nou 6mnde oud is. Verder kan ek ook getuig dat die jare sy tol geeis het, die rolletjies wat aangekom het en baie goed wat afsak. Ag wat sal dit help om te kla die lewe behandel meeste van ons nog goed.
Ek is baie opgewonde oor die reunie wat dalk gaan gebeur, komaan ouens is julle nie ook nuuskierig om te sien wat het van almal geword. Party is maar skugter vir die kamera, moet mooi fokus om te sien wie op die fotos is. Hier is fotos van my en Hannes, toe ons getroud is en met my ouma se 80ste verjaarsdag, JC en Alexis. Fotos stuur ek maar so een vir een
Erica