Irene Matthews - Gouws
More Mariaan
Uiteindelik het ek my foto’s ook reg.
Ek is getroud met my skool liefde Frikkie Gouws en sal volgende jaar reeds 25 jaar getroud wees. Ons het twee pragtige kinders Ceriska en ook ‘n Frikkie.
Ceriska is oor twee weke 21. Sy swot deur UJ Hotel Management, en is nou in haar derde jaar en maak reeds September klaar. Sy doen slegs haar eksamens by UJ en die res van die tydperk is sy werksaam by Mount Grace Hotel, Magaliesburg as ‘n “Credit Controller”. Frikkie is tans in Hoërskool Noordheuwel en ‘n bokser van formaat. “It runs in the family”.
Ek was vir 22 jaar by Telkom werksaam en drie jaar terug besluit om vrywillige pakket te neem om Frikkie te help met ons eie besigheid. Tot dusver is ek maar by die huis en lekker “boring”. Ons is seker nou vir so agt jaar al aan die gang met die besigheid, Elektriese Kontrakteurs. Ons woon nou al vir 12 jaar hier langs die Krugersdorp Wildtuin, baie gelukkig en sal nooit weer terug trek dorp toe nie.
Mariaan ek dink jy doen ‘n “stunning job” dankie vir al jou moeite.
Groetnis
Irene Gouws (Matthews)